Kai-Lossgott-Barclays-l'Atelier-winner-Beeld-17-July-2015

Sep 1, 2015 | Publisher: link3462 | Category: Other |  

8 Leefstyl , Beeld Vrydag 17 Julie 2015 Die bywoningsyfers van die Nasionale Kunstefees in Gra- hamstad toon vanjaar 'n bedui- dende toename. Dit was ondanks verwagtings dat bywoning 'n plato sou be- reik n die fees se 40ste verjaar- dag verlede jaar. Die getal kaartjies wat uitge- reik is, het tot 241 116 toege- neem, wat 6,9% meer as verlede jaar is. Daar was ook meer be- taalde kaartjies as voorheen. Die randwaarde van kaartjies wat verkoop is, het met 18% toe- geneem, s Tony Lankester, uit- voerende hoof van die fees. Op die hoofprogram het jazz en toneel elk sowat 'n derde van die kaartjieverkope opgelewer. Die oorblywende derde is op- gedeel tussen dans, komedie, musiek en enkele nisgenres. "Die vertoning waarvan die kaartjies die vinnigste verkoop het, was die Ierse komediant Dylan Moran. "Ons het ook 'n massiewe re- aksie gehad op Thandiswa Mazwai, Beatenberg, Ray Phiri en Mi Casa, asook Chester Missing en A Doll's House deur Christiaan Olwa- gen, vanjaar se Standard Bank Jong Kunstenaar vir toneel. "Die lys van hooffeesproduk- sies waarvan die kaartjies uit- verkoop is, is lank, maar sluit in Three Blind Mice, die Baxter- teater se herlewing van Barney Simon se Born in the RSA, en Pieter-Dirk Uys se A Part Hate, A Part Love. "Dit was wonderlik dat 'n vorige hoofmeisie van die Victo- ria Girls' High School, Nomfun- do Xaluva, opgetree het voor 'n vol Standard Bank Jazz-feesver- hoog," s Lankester. Die simfo- nie- en die galakonsert is ook voor vol sale uitgevoer. Ismail Mahomed, artistieke di- rekteur van die fees, s hy is verbly deur die goeie reaksie op die program. "Gehore het goed gereageer op die nuwe benade- ring van klassieke werke." Hy het ook die sukses van die internasionale werke en same- werkings op die program uit- gesonder, soos The Ayrshire Fiddle Orchestra, The Dog Days Are Over en Red Earth Revisited.  kuns@beeld.com 0 011 713 9284 /BeeldKuns @BeeldKuns V rmaakbylae AJ Opperman Kai Lossgott, algehele wenner van die Barclays L'Atelier- kunskompetisie, staan aan die vooraand van 'n nuwe soort fo- kus, 'n nuwe bewuswording. Ook as kunstenaar. Hy gaan stellig binnekort sy tas- se pak vir Parys, Frankryk. Dit vorm deel van sy prys: 'n ses maande lange verblyf aan die Cit Internationale des Arts in die Franse hoofstad wat retoervlieg- kaartjies insluit, R150 000 kontant en 'n solo-uitstalling in die Absa- galery. Hy het die gesogte kunskompeti- sie gewen met die video-installasie Small and Common Matters. Die vi- deo duur drie minute en 13 sekon- des. Daarin belig hy die eksistensile probleem van die mens se beperkte begrip vir konsepte buite sy mens- like ervaringsveld. "Waar ons onsself plaas of watter posisie ons bewoon in verhouding tot wat groter en kleiner is (die probleem van plek en skaal), wat ouer of jonger is (die probleem van tyd), wat bruikbaar en nutteloos is (die probleem van klassifikasie) dit is eintlik 'n probleem van be- perkte waarneming," verduidelik Lossgott. Hoe sy Franse verblyf sy huidige werk sal benvloed, is nog onseker. "Alles is nuut as jy met nuwe o daarna kyk. Ek sal my nou kan verdiep in 'n ander manier van wees en dink. Ek kan nie onthou hoe oud ek was nie, maar ek was al voorheen daar. Ek het al die Eif- feltoring gesien en op skool was ek goed in Frans. Ek verwag ek sal my kuns as praktyk verder uitbrei en het nou 'n vasgestelde tydperk van werk, waar my aandag nie af- getrek word deur goed wat aan my bekend is nie. Ek was baie lank- laas 'n student." In sy werk ondersoek hy per- soonlike en omgewingsgesondheid. "Hierdie planeet is baie lewens- kragtig. Ek het 'n geweldige be- langstelling in omgewingsake en hoe kuns 'n bydrae kan lewer. Ek dink dikwels aan Albert Einstein se aanhaling: 'Daar is net twee ma- niere om te leef: asof niks 'n won- derwerk is nie, of asof alles 'n won- derwerk is.' " Sy video's is al op plaaslike straathoeke vertoon, op rolprent- feeste en op internasionale geleent- hede in museums en galerye. Hy het tersire kwalifikasies in dansteater en dokumentre rol- prentkuns (almal met onderskei- ding geslaag). 'n MA in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad staan ook agter sy naam. Hy is in Duitsland gebore en was 'n jaar oud toe die gesin terugge- keer het na Kensington, Johannes- burg. Sy ma, Celia de Villiers, is 'n kunsdosent en is Afrikaansspre- kend. Hy praat net Duits met sy pa, Kurt Lossgott. "Dit word eintlik al hoe moeili- ker om te definieer wie jy is en waar jy vandaan kom. Ek weet ek is nie Duits nie, maar wat maak my Suid-Afrikaans? Hier word ek omring deur goed wat my inspi- reer. Die afstand gaan vele verras- sings h, maar dan is daar die ver- ligting dat ek sal terugkom na die plek waar ek weet ek 'n verskil kan maak." Beelde kom na hom. Dikwels werk hy nie met 'n plan nie. "Ek werk intutief. Dinge sal net opdaag. Ek sal dalk iets op straat raaksien. Of 'n beeld sal verby my kameralens flits. Ek is konstant aan die versamel foto's en optel- goed. Kuns is die proses van selek- sie en kombinasie. Ons doen dit el- ke dag. Jy maak 'n keuse oor wat met jou resoneer." Riaan Grobler Op 21 Januarie 1968 het Jimi Hendrix be- gin om sy weergawe van Bob Dylan se "All Along the Watchtower" in Londen op te neem. Dit was 'n lang proses wat tot Augustus van daardie jaar geduur het, hoofsaaklik omdat Hendrix keer op keer ontevrede was met verskeie aspekte van die opname. Die resultaat sou uiteindelik 'n ikonie- se cover wees, meer suksesvol as Dylan se eie weergawe op die trefferlyste. Dylan self was vol lof vir Hendrix. "Dit het my oorweldig," het hy ges. "Hy het goed in die lied raakgesien en ontwikkel wat ander mense nie kon raaksien nie." Hendrix het reggekry wat min ander kunstenaars kon: om Dylan se grootsheid te oortref. En wat 'n grootse kunstenaar is Dylan nie! Ek was dus skepties toe ek Tamboerynman, Koos van der Merwe se album met Afrikaanse vertalings van Dylan se liedjies, kry. Om Dylan se werk te vertaal en op te neem, is 'n enorme uitdaging. Eerstens is Dylan se komplekse, ontoeganklike lirieke so te s onvertaal- baar. Dylan se binnerym alleen het 'n dinamika van sy eie. Sy li- rieke is dubbelsinnig. Die perfeksionistie- se Dylan het elke woord met rede gekies. Trouens, vir Dylan is sy lirieke die be- langrikste van alles. Tweedens moet 'n mens musikaal reg laat geskied aan iemand soos Dylan. Hen- drix kon dit regkry. Daar was ander kun- stenaars ook wat ikoniese weergawes van Dylan se werk kon lewer. Dink maar aan Guns N' Roses se unieke "Knockin' on Heaven's Door" en Eddie Vedder van Pe- arl Jam se meesterlike weergawe van "Masters of War". Laastens moet 'n mens ook wonder oor die sinvolheid van so 'n projek. Is dit no- dig om Dylan in Afrikaans te hoor? Dit is vir my moeilik om te aanvaar dat die ge- hoor op wie di projek gemik is, ni van Dylan weet nie en ook nie sy lirieke in Engels sal verstaan nie. Wat ook al Van der Merwe se beweeg- rede, dit is met die eerste luister duidelik dat Tamboerynman nie gemaak is om grense te verskuif nie. Die Dylan-klank (aanvanklik die rou akoestiese kitaar en bekfluitjie, later die growwe rock-klanke) maak plek vir ligte, generiese pop. 'n Ge- vestigde en gewilde klank. 'n Resep wat werk. Daarom sal Tamboerynman waarskyn- lik tot 'n bepaalde gehoor spreek. Maar van 'n Hendrix of Vedder is daar nie veel sprake nie, al het Van der Merwe virtuo- se soos die kitaarspeler Mauritz Lotz tot sy beskikking gehad. 'n Ander uitdaging was sekerlik die liedkeuses. Met die korpus werk wat Dy- lan oor dekades heen gelewer het, is dit haas onmoontlik om te kies! Van der Merwe het egter goed gekies en die liedjies op Tamboerynman is taamlik verteenwoordigend van Dylan se vele fases en metamorfoses: die protes- liedjies ("Verlore in die wind"), die sur- realistiese droomliedjies ("Tamboeryn- man", "Orals om die wagtoring") en selfs Dylan se kortstondige geloofsfase ("Ek glo in U"). Die grootste vraag is egter of die vertalings geslaagd is. Want hier gaan dit nie net oor taal- kundige aspekte nie, maar ook (en veral) die emosio- nele. Vir geharde Dylan-aan- hangers is sy woorde hei- lig. Soos gebede kan hulle sy digkuns woord vir woord resiteer. En hoewel die "makliker" Dylan-lied- jies redelik akkuraat vertaal is (soos "Dat jy my liefde voel" en "Hy was 'n vriend van my"), is dit by die meer kom- plekse werke waar dinge lelik begin skeefloop. "Orals om die wagtoring" en "Skuiling teen die storm" is voorbeelde hiervan. En dit is nie noodwendig weens taalkundige onbeholpenheid nie, dis om- dat jy di soort lied net eenvoudig nie kn vertaal nie. Dis deel van 'n Dylan- woordeskat en -psige waarvoor daar nie woorde in Afrikaans is nie. En dt is waar Tamboerynman die verste tekort skiet. Een van die lekkerste stories oor Dylan is toe hy in die 1960's sy bekfluitjie en akoestiese kitaar geruil het vir elektriese instrumente. "Judas!" het 'n konsertgan- ger in Londen hom toegesnou. "You're a liar," het Dylan in die mikrofoon terug- gekoggel, omgedraai en aan die band ge- s: "Play it f*cking loud!" Tamboerynman is egter nie 'n album wat verdien om kliphard gespeel te word nie omdat Van der Merwe uiteindelik nie daarin slaag om enigiets uitsonderliks met Dylan se liedere te doen nie. Paul Boekkooi 7 Deadly Sins Auto & General Theatre on the Square, Sandton Die sewe doodsondes is al eeue met ons, en laat ons eerlik wees kerke, sinagoges en moskees ht waarskynlik oor lang tye hul onderdanige en veral ongeletterde kuddes met die kernbegrippe oor elkeen van hulle bedreig, of dalk selfs geterroriseer. Die vraag vir ns is: Het di lys enkelwoordsondes nog eni- ge betekenis vir die 21ste-eeuse mens, en hoe reageer ons op pre-Middeleeuse begrippe wat dalk in elk geval in ons tyd uitgedien is? Hokaai! Susan Monteregge, skrywer van 7 Deadly Sins, dink klaarblyklik baie anders daaroor. Sy beskou dit as, soort van, erfsondes wat aan almal van ons op die een of an- der manier bly vasklou selfs in hierdie verligte eeu wat van skuldgevoel bevry is. Wat sy baie knap bewerkstel- lig het, is om elkeen van hulle trots, gierigheid, wellus, vraatsug, afguns, luiheid en toorn toe te pas op ons mo- derne lewe met sy onbegrensde moontlikhede om veral elektro- nies met mekaar te kommuni- keer. In haar verhoogstuk wat taamlik sterk op 'n revue-styl steun, staan 'n totaal eietydse blik op elkeen van die sondes sentraal. By elke sonde ver- skyn verskillende karakters so- dat 'n deurlopende lyn van die argetipes wat die hoofkenmer- ke van elkeen in hul gedrag en omgang met mense uitbeeld, onmiddellik geien kan word. Aaron McIlroy en Lisa Bob- bert, die twee akteurs, voluit verknog aan hul eksentrieke sondes, wrd met swierige uit- gelatenheid die clichpersoon- likhede binne elkeen van die sewe kategorie van "oortre- dings" wat hulle moet uitbeeld. Hierdie 7 Deadly Sins open op 'n nogal wisselvallige, of dan minstens minder gefokus- de, noot met "Radio Active" deur die groep Imagine Dra- gons, en met die akteurs wat hul passies doen en hul stem- bande probeer loswikkel. Verdere polsende treffers van Justin Timberlake, Lady Gaga, Mariah Carey, Britney Spears en ander volg elkeen haarfyn toepaslik op die sewe onderwerpe wat met blieng- kostuums en rekwisiete voor jou o begin afspeel. McIlroy is skerp, waaksaam en beskik oor blitsvinnige in- tutiewe vermons om kontak met spesifieke gehoorlede te maak en dit te behou. Di interaktiewe prosesse raak uiters aansteeklik en dryf die oorwegend absurde aard van sommige van die onderde- le dinamies voort. Sy kaskena- des met 'n gimnastiekbal is werklik snaaks. Bobbert is 'n gedugte teen- speler wat vroulikheid (of soms die gebrek daaraan) op allerlei wyses uitbeeld en weet hoe om te sing en te be- wg. As opvoering is dit soms his- teries, selfs bekonkel, maar Steven Stead, regisseur, ver- trou sy spelers om die mag, magie en spontaneteit van die oomblik voluit op die verhoog te laat geld. V Tot 26 Julie Doodsondes nog nooit so prettig Lisa Bobbert in 7 Deadly Sins. Die Brooklynteater se jaar- likse operagala vind di naweek plaas vanaand om 20:00 en Sondag om 15:00 met die volledige Gauteng Philharmonic Or- chestra en die Brooklyn- teater Operakoor onder lei- ding van Nic Nicolaides. Die vier sangers wat op- tree, is deel van die rolbe- setting van Salon Music se Carmen, wat die daarop- volgende naweek vyf keer in di teater, die enigste in Pretoria wat nog operas aanbied, opgevoer word. Hulle is Marina Botha (sopraan), Teresa de Wit (mezzo-sopraan), Alec Otto (tenoor), wat die afgelope tien jaar aansien in Duits- land verwerf het, en Dou- we Bijkersma (bariton). 'n Verskeie romantiese arias, duette, trio's, kwar- tette en 'n paar orkestrale voor- en tussenspele uit operas kan verwag word. Kaartjies kos van R160 tot R320. Bespreek by 012 460 6033 of stuur e-pos na jpverster@brooklyn- theatre.co.za. Operagala 'n Foto wat deel uitmaak van Loss- gott se video-installasie Small and Common Matters. In sy video-installasie Small and Common Matters word dieper gekyk na dt wat jy nie met die blote oog kan sien nie. Kaartjieverkope, inkomste op nasionale kunstefees styg Afrikaans het helaas nie woorde vir Dylan-psige fokus Nuwe Kai Lossgott Foto: NIKLAS ZIMMER

Kai-Lossgott-Barclays-l'Atelier-winner-Beeld-17-July-2015.pdf

Comments

You must log in to comment