<p>8 Leefstyl ,
Beeld Vrydag 17 Julie 2015
Die bywoningsyfers van die
Nasionale Kunstefees in Gra-
hamstad toon vanjaar ’n bedui-
dende toename.
Dit was ondanks verwagtings
dat bywoning ’n plato sou be-
reik ná die fees se 40ste verjaar-
dag verlede jaar.
Die getal kaartjies wat uitge-
reik is, het tot 241 116 toege-
neem, wat 6,9% meer as verlede
jaar is. Daar was ook meer be-
taalde kaartjies as voorheen.
Die randwaarde van kaartjies
wat verkoop is, het met 18% toe-
geneem, sê Tony Lankester, uit-
voerende hoof van die fees.
Op die hoofprogram het jazz
en toneel elk sowat ’n derde van
die kaartjieverkope opgelewer.
Die oorblywende derde is op-
gedeel tussen dans, komedie,
musiek en enkele nisgenres.
“Die vertoning waarvan die
kaartjies die vinnigste verkoop
het, was die Ierse komediant
Dylan Moran.
“Ons het ook ’n massiewe re-
aksie gehad op Thandiswa
Mazwai, Beatenberg, Ray
Phiri en Mi Casa, asook
Chester Missing en A Doll’s
House deur Christiaan Olwa-
gen, vanjaar se Standard Bank
Jong Kunstenaar vir toneel.
“Die lys van hooffeesproduk-
sies waarvan die kaartjies uit-
verkoop is, is lank, maar sluit
in Three Blind Mice, die Baxter-
teater se herlewing van Barney
Simon se Born in the RSA, en
Pieter-Dirk Uys se A Part Hate,
A Part Love.
“Dit was wonderlik dat ’n
vorige hoofmeisie van die Victo-
ria Girls’ High School, Nomfun-
do Xaluva, opgetree het voor ’n
vol Standard Bank Jazz-feesver-
hoog,” sê Lankester. Die simfo-
nie- en die galakonsert is ook
voor vol sale uitgevoer.
Ismail Mahomed, artistieke di-
rekteur van die fees, sê hy is
verbly deur die goeie reaksie op
die program. “Gehore het goed
gereageer op die nuwe benade-
ring van klassieke werke.”
Hy het ook die sukses van die
internasionale werke en same-
werkings op die program uit-
gesonder, soos The Ayrshire
Fiddle Orchestra, The Dog Days
Are Over en Red Earth Revisited.
kuns@beeld.com 0 011 713 9284
/BeeldKuns @BeeldKuns
V rmaakbylae
AJ Opperman
Kai Lossgott, algehele wenner
van die Barclays L’Atelier-